San-Mari & Ockert
Maretha Brink
Ons verlowing storie ?
Ek en Ockert ken mekaar al 'n hele tydjie, maar het op universiteit weer in kontak gekom en lekker begin gesels. Min wetende dat dit my trouman, sielsgenoot en beste vriend sal wees.
2 Maart 2018 was een van die spesiaalste dae: die liefde van my lewe het my gevra om met hom te trou en natuurlik was my antwoord JA. Hy het vir ons 'n piekniek gereël en terwyl ek nog kyk na die moeite wat gedoen is, gaan hy op sy knie en toe ek omdraai besef ek wat besig is om te gebeur. Dit was een van die gelukkigste oomblikke in my lewe.
Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?
As ek my troue kon oorbeplan, sou ek minder tyd spandeer om oor die klein dinge te "worry". Dis die een dag in jou lewe wat jy nie weer oor gaan hê nie. Geniet dit net en neem alles in.
As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……
As ek terug dink aan ons troudag dan dink ek aan hoe perfek alles vir ons was. As ek ons troudag oor moes doen, sou ek alles presies net so doen. (Net die weer bietjie koeler gemaak het 😆). Dit was werklik ons mooiste, perfekste dag.
Diensverskaffers:
Venue: Groenrivier Function Centre
Wedding Gown: Cindy Bam
Flowers & Decor: Artica Designs
Videographer: White Jasmine Films
Photographer: Kusjka du Plessis
Assistant Photographer: Nadine Smallberg Photography
Catering: Malita Joubert Catering
Hair & Makeup: ANUK
Bridesmaids dresses: H&M
Groomsmen Suits: Eurosuit
Grooms Suit: Suit Hire
DJ: DJ Dirkie
Wedding Cake: Louretta's Cake Boutique