Search

Contact Us

Please complete the form on the right for a general inquiry

Groenrivier
Riebeek-Wes 7306
South Africa

082 553 4570

Groenrivier Function Centre is an enchanting and distinctly different venue for romantic country weddings, special family parties and celebrations, and memorable corporate events. Guests enjoy exclusive use of the whole property.  

At Groenrivier Function Centre we have 3 venues which are suitable for weddings or corporate functions:

Groenrivier Function Centre is fully licenced and there is ample secure parking.

Anneke & Stefan

Blog

Anneke & Stefan

Maretha Brink

Seremonie: Riebeek-Kasteel NG Kerk | Onthaal: Hoof lokaal

1. Ons verlowing storie ?

Stefan is vreeslik romanties, en het die perfekte oomblik beplan. Hys mal oor die see en duik en vang gereeld vis. Op sy verjaarsdag in 2014 was ons in Pringlebaai. Ons het die oggend gaan duik en n fotograaf het stil-stil elke oomblik vir ons vas gevang. Na so 20min toe klim ons uit die koue water en ek gaan lê bietjie op die strand om warm te raak. Hy gaan haal toe "snacks" vir ons in die kar. (Eintlik was dit net n groot coolbox met n blink ringetjie in) Toe ek opstaan om my handdoek vinnig reg te skuif....toe sak stefan op sy knie voor my, met die mooiste see skulp met n blink ring daarin. Sy woorde aan my, was die mooiste melodie, nie dat ek veel kan onthou nie want die oomblik was veels te groot! haha. Die trane het gevloei en dit is toe dat ek die lang lens van die fotograaf sien wat agter die rotse skuil en ons oomblik virewig vaslê!

2. Ons verskil as dit kom by

 My honde!!! Ek sê hulle mag op die banke en beddens want dit is ook mense, nie honde nie...maar stefan voel anders ;)

3. Ons is eenders as dit kom by…..

Ons opvoeding. Baie van ons morele waardes en reëls wat ons het is dieselfde want ons altwee is groot gemaak deur streng ouers.

4. Die sukses in ons huwelik is……

om nooit iets weg te steek vir mekaar nie en ALTYD mekaar eerste te stel, maak nie saak wat nie.

5. Indien jy jou troue oor moes beplan, waaraan sou jy meer tyd spandeer?

Om meer familie fotos te neem, almal het so vinnig na kerk uit mekaar gespat dat ons nie regtig genoeg geneem het saam met al die familie nie.

6. Waaraan sou jy minder tyd spandeer?

Ek het nie eintlik iets wat ek op tyd gemors het nie. Ek was verbasend nogal heel rustig op my grootdag! 

7. As jy terug dink aan jul spesiale dag dan dink jy aan……

Hoe baie ons gedans het en hoe lekker almal geeet het.

Troudag verskaffers:

Fotograaf: Abri Kruger

Spyseniering: Malita Joubert

DJ: DJ Joe

Dekor/blomme: Mint en Magnolia

Pre-drink band: The Flying Dakota's

Rok: Crystal Brides

Pak: Bride & Co

Hare en grimering: Corlé Barnard